Gedagte vir die oomblik

Rom 12:21:
Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie..
Filippense 4:19:
En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Jesus Christus.
Kolossense 3:2:
Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op aarde is nie.
Psalm 16:8 :
Ek het die Here altyd by my: omdat Hy by my is, sal ek nie struikel nie.
Psalm 16:8 :
Ek het die Here altyd by my: omdat Hy by my is, sal ek nie struikel nie.
1 Johannes 4:19:
Ons het lief omdat God ons eerste lief gehad het.
1 Petrus 1 8-9:
Deur in Hom te glo, Al sien julle Hom nou nie, het julle reeds deel aan die saligheid wat die einddoel van julle geloof is.
Joh 8:32 :
En jullle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.
Psalm 59:17:
U is vir my 'n veilige vesting, 'n skuilplek in tyd van nood.
Joshua 1:9:
Het ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed wees nie bevrees of verskrik nie: want die Here jou God is met jou oral waar jy gaan
Spreuke 17:22:
'n Vrolike mens is 'n gesonde mens, 'n neerslagtige mens raak uitgeput
1 Tes 5:11:
Praat mekaar moed in en versterk mekaar dan met hierdie woorde, soos julle trouens reeds doen.
Jak 4:3:
As julle bid ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid: julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig.
Jeremia 31:3:
Van ver af het die Here Hom aan Israel bekend gemaak: Ek het jou nog altyd liefgehad, daarom het Ek jou met geduld verdra.